Carle Jonker, hoof van Lewende Woord Centurion se kinder bediening, leier by Petra Kinder Instituut, geliefde ma van 2 dogters en ‘ voorbeeld vrou vir ons elkeen vertel haar storie van God se geneesing van kanker. Hoe lyk geloof wanneer mens so ‘n diagnose in die gesig staar? Sy vertel van die vrees, die seer, die vrede en kan jy glo die lag. Haar getuienis is kragtig en wys ons dat vrede in die middel van die storm tog moontlik is. Kry jou koffie en kom kuier saam For His Kingdom.